Zanu-PF vee hulle af aan die ANC – en Zim bly sink

RAMPSPOEDIGE DIPLOMASIE

Zanu-PF vee hulle af aan die ANC – en Zim bly sink

Die ANC se poging om die regering van Zimbabwe te beïnvloed was ondeurdag, futiel en ’n ramp op verskeie fronte, skryf MAX DU PREEZ.

ZANU-PF hou niks van die ANC nie, om dit sagkens te stel. Nie in die verlede terwyl albei ’n bevrydingstryd geveg het nie, ook nie vandag nie.

Die ANC en Umkhonto we Sizwe se bondgenote in Zimbabwe was Joshua Nkomo se Zimbabwe African People’s Union (Zapu) en sy militêre vleuel, die Zimbabwe People’s Revolutionary Army (Zipra). Zapu, die ANC, Frelimo, Swapo en die MPLA van Angola was “susterbewegings”, en Robert Mugabe se Zanu en Zanla was nie deel daarvan nie – Zanu was in die Beijingse eerder as die Moskouse invloedskring.

Nkomo was ’n persoonlike vriend van die ANC-leier Oliver Tambo. MK en Zipra het aktief saamgewerk, reg tot met Zimbabwe se onafhanklikheid in 1980. Die Mugabe-regering het MK nie toegelaat om militêr uit Zimbabwe te opereer nie, wat die ANC gedwing het om eerder op Zambië, Angola en Mosambiek (en in ’n mindere mate Swaziland) staat te maak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X