Oor Fender Stratocasters, Griekse vroue en strukturele ongelykheid

ALMAL OM EEN TAFEL

Oor Fender Stratocasters, Griekse vroue en strukturele ongelykheid

Ons moet ’n plan maak om ongelykheid in die Suid-Afrikaanse samelewing nou daadwerklik op te los, sê CHARL ADAMS. En dit sal net gebeur as al die rolspelers om dieselfde tafel kan sit.

DIE demokrasie as ’n politieke en beheerstelsel het sy oorsprong in die stadstate van die Grieke, veral in Athene, vanaf sowat 508 v.C. Dit was ’n stelsel wat sou wegbeweeg van die aristokrasie en monargieë wat millennia lank geheers en besluite namens hul onderdane geneem het. Vir die eerste keer in menseheugenis sou inwoners van die oorspronklike stadstate gesamentlik besluite kon neem wat vir almal bindend was. Maar destyds was dit ’n gekwalifiseerde reg – slawe en vroue is byvoorbeeld uitgesluit.

Die demokrasie moes inderwaarheid deur die jare aanpas by die organiese ontwikkeling van liberale menseregte en ingewikkelde strukture van verteenwoordiging. Vandag is daar verskeie soorte demokrasieë waarvan sommige ’n hibried van direkte of indirekte verteenwoordiging is. In Suid-Afrika se geval het ons vandag, soos vele ander Westerse moondhede, ’n liberale demokrasie wat op ’n Grondwet en ’n Handves van Menseregte gegrond is.

Die kiesstelsels in verskeie lande verskil. Sommige maak gebruik van ’n meerderheid van 50% + 1, die sogenaamde “simple majority’. Ander, soos Suid-Afrika, het ’n stelsel van proporsionele verteenwoordiging waar elke stem tel en waarde tot ’n spesifieke party van jou keuse toevoeg. In al hierdie moderne weergawes van die demokrasie geld die beginsel van meerderheidsregte, oftewel “majoritarianism”, in die een of ander gedaante...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.