Die ouditberoep se waters is troebel

BAIE HET OOR JARE VERANDER

Die ouditberoep se waters is troebel

Het die ouditberoep steeds die aantrekkingskrag en reputasie om slim gegradueerdes aan te moedig om aan te sluit? CHARL ADAMS vra dié en ander vrae.

KORPORATIEWE oorsig word vandag wêreldwyd, en ook in Suid-Afrika, as ’n gegewe beskou. Die afgetrede regter Mervyn King is in 1993 as voorsitter van die eerste komitee aangestel om oor etiese leierskap en bestuur in die sakewêreld verslag te doen.

Hierdie komitee is nie deur wetgewing tot stand gebring nie, maar is ’n voluntaristiese gedragskode wat mettertyd as die King-verslag bekend sou staan. Dit trek vandag reeds by die King 4-verslag. Een van die hoofbeginsels wat reeds in die King 1-verslag as onontbeerlik vir ’n eties gedrewe korporatiewe sektor geïdentifiseer is, is ’n professionele ouditfunksie wat berus op internasionale beste praktyk en waardes wat aan die hoogste standaarde wêreldwyd sou voldoen.

Die King-verslae word deur die Instituut van Direkteure onderskryf. Die oudit- en rekenmeestersberoep het ’n roemryke geskiedenis in Suid-Afrika – daar was reeds sedert 1891 een lid van die Britse Society of Accountants and Auditors in Port Elizabeth, een in Pretoria en in 1892 een lid elk in Kaapstad en Johannesburg...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.