Song vir die suburbs

SEISOEN VAN PROTES

Song vir die suburbs

DOUW STEYN skryf oor liedjies wat gepas is vir die klankbaan van die revolusie in die suburbs. En die song wat die absurditeit van Suid-Afrika se respons die beste vasvang, is Arlo Guthrie se ‘Alice’s Restaurant Massacree', gegrond op ’n werklike voorval in sy lewe.

TERWYL die lewe stadig na normaal terugkeer en die seisoen van protes weer stoom optel, wonder ek of die middelklas-Suid-Afrikaner ook werklik rede het om te protesteer. Indien wel, watter vorm sal dit aanneem? En vir my die belangrikste: die klankbaan wat die zeitgeist van die suburb-protes vasvang.

Koos se tirade langs die braaivleisvuur teen die fokken useless regering of Karen wat ’n tantrum in Woolies gooi oor battery-hoenderborsies wat neffens die free range-mootjies lê, kwalifiseer nie as aktivisme nie. Sou Karen egter in Clicks se gang hair colour/wash & care/relaxers haar moer gestrip het, was dit ’n ander storie.

Die periodieke optog in dubbelkajuitbakkies, trekkers en luukse motors teen plaasaanvalle, misdaad en korrupsie mag moontlik as protes deur die middelklas beskou word. Maar die inperking met die gepaardgaande irrasionele regulasies het werklik die bevoorregte klas aangevuur om sosiale aktiviste te word: Koop-’n-gaar-hoender-protes; smokkel-met-drank-en-sigarette-insurreksie, en T-hemp-en-plakkies-rebellie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.