DAAR is beslis ’n toename in die alreeds gereelde byeenkomste van die ANC se leierskap. Die weeklikse vergaderings in Luthuli-huis van die afgelope 25 jaar is egter nie meer ’n aanduiding van wat in die binnekringe van die regerende party gebeur nie. ’n Geskinder uit daai oord sal nie ’n politieke ontleder of die media met enige nuwe wysheid seën nie.
Thabo Mbeki (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2020-09-23-mbeki-wys-die-vinger-na-homself-wanneer-hy-spot-met-di-wat-agter-hom-moes-opruim/) het as ’n gebruik Maandae ’n monoloog met die topses in Luthuli-huis gevoer; Kgalema Motlanthe was as president ’n tentatiewe luisteraar by dié vergaderings, en Jacob Zuma se besoeke aan die muwwe burokrasie van die ANC in die middestad was ’n kakofonie van kamerade en kaders wat met kleinburgerlike flikflooiery die meester-patronaat se ysters kom streel het.
Cyril Ramaphosa daarenteen vind Luthuli-huis ’n neerdrukkende, ietwat vervalle Babelse toring, en vermy die ANC se hoofkwartier sover hy kan. Hy ontmoet David Mabuza meer dikwels in die Uniegebou, waar Gwede Mantashe ook ’n kantoor het, en Paul Mashatile is net ’n telefoonoproep ver. Dit laat Jesse Duarte en Ace Magashule in die buitenste duister met net die geselskap van politiek verwonde voormalige ministers op afgedeelde diens in die hoofkwartier...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.