Die hiërargie van harde werk

MY WIT VEL BLOOS EN BLOOS ...

Die hiërargie van harde werk

Ek wens Thandi was my kind, of die suster wat ek nooit gehad het nie. Maar sy is meer as dit. Sy is my hartsvriendin, skryf MARINDA KOLEV.

MY lewensmaat ry obsessief-kompulsief fiets. Staan in die donkerste van die nag op om teen kwart voor vier op die pad te kan wees wanneer dit nog stil en die verkeer min is. Bykans nie ’n dag gaan verby nie dat hy by die huis kom en sê: “Terwyl ek fietsgery het, het ek gedink ...” en dan volg diep deurdinkte insig in ’n onlangse lewensvraag of sommer die wêreld in sy geheel.

So staan ek vanoggend en skottelgoed was en dink – soos ons doen in die Tyd Van Die Pes, want ons kan nie ons swart huishoudster met ’n taxi hierheen laat kom nie; nie met die onderliggende gesondheidsrisiko’s vir my en die lewensrisiko’s vir haar en haar gesin nie. Ek spons en was en seep en spoel af terwyl my gedagtes van my af wegloop en met nuwe waarhede terugkom.

Daar was juis verlede week weer ’n SMS in die koerant van ’n man wat sê dat hy en sy familie hard gewerk het om te kom waar hulle vandag is, en dat dit nie is omdat hulle wit en bevoordeel is nie. En hy is nie verkeerd nie. My pa het vir ons vertel hoe hulle as kinders in die winter kaalvoet skool toe geloop het. Hy het ons van “pap en tik” vertel: Hulle was so arm, daar het ’n stukkie vleis aan ’n toutjie bo die tafel gehang en elkeen kon sy pap teen die vleis tik om darem ’n smakie van die vleis te kry. Tot vandag toe weet ek nie of dit waar was of sommer net ’n pa-storie was nie. My pa het voltyds gewerk en deeltyds aandklasse gedraf. Op sy gradeplegtigheidfoto’s is ek en my boetie so vier en twee jaar oud...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X