Herkules Ramaphosa sal die leeu moet wurg

'N LAND STAAN BAKHAND

Herkules Ramaphosa sal die leeu moet wurg

Selfs al skort ’n mens jou skeptisisme op oor die regering se vermoë om sy nuwe plan vir ekonomiese rekonstruksie en herstel te implementeer, raak dit ál duideliker dat die uurglas dalk te vinnig besig is om leeg te loop en die verrotting te diep is. Dit sal ’n Herkuleaanse poging van Cyril Ramaphosa verg, skryf MAX DU PREEZ, maar dit help darem dat sy eie posisie in sy party versterk het.

HERKULES was ’n dapper, magtige held in die Griekse mitologie. Hy moes 12 take uitvoer om hom onsterflik te maak. Hy moes byvoorbeeld die Nemeaanse Leeu, wat teen alle wapens bestand was, doodmaak. Herkules het hom in ’n grot vasgekeer en kaalhand verwurg, en daarna sy vel as jas gedra. Hy moes die monster Hydra met nege giftige koppe van kant maak en hy moes die groot Stalle van Augeius in een dag skoonmaak, wat hy gedoen het deur twee riviere te herlei en deur die stalle laat vloei het.

Ramaphosa het ’n paar leeus en negekoppige monsters om mee klaar te speel en ’n helse groot stal om skoon te maak. Dalk het hy die durf en vaardigheid, maar sy probleem is om dit binne ’n baie beperkte tyd reg te kry.

Sy minister van finansies, Tito Mboweni, sukkel só om die staat se boeke te laat klop dat hy die minibegrotingsrede wat hy dié week moes lewer, uitgestel het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.