DIE grootste skandaal van die laaste dekade is dalk nie Jacob Zuma se onderdanige verhouding met die Broers Gupta in ruil vir biljoene vir hom en sy vriende of die verwaarlosing en wanbestuur van Eskom wat tot ’n energiekrisis gelei het nie. Dit is die grootskeepse ineenstorting van spoorvervoer.
Ek het dié week die 2,400km van Kaapstad na Kroonstad en terug met my kar gery. In die 24 uur wat ek op die pad was, het ek een enkele vragtrein met net ’n paar trokke op die spoor langs die N1 sien ry, en nie een passasierstrein nie.
Die pad, wat ek al tallose kere in my lewe gery het, is nou éérs ’n pad van die dood. Derduisende vragmotors jaag soos treine agtermekaar tussen die Kaap en Gauteng. As spoorvervoer onbetroubaar is, moet goedere maar per pad vervoer word...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.