Nostalgie en bitterheid in ’n geboortedorp

VERVALLE, VAAL EN NEERDRUKKEND

Nostalgie en bitterheid in ’n geboortedorp

MAX DU PREEZ het ná jare weer sy geboortedorp, Kroonstad, besoek. Die nostalgie van heerlike kinderjare het gou in woede oor die ANC se wanbestuur en selfsug verander.

TENSY jy bitter slegte kinderjare gehad het, onthou die meeste mense hulle plek van geboorte en grootword met groot nostalgie. Om ná dekades terug te gaan, is vir byna almal 'n teleurstelling – veral as jy 'n wit Suid-Afrikaner is. Dit vat 'n kopskuif om die plek soos dit nou lyk sonder die romantiese bril van jou jeugjare te beskou.

Ek is in Kroonstad gebore en het daar tot matriek skoolgegaan. Ek was 21 jaar gelede laas daar toe ek by my pa se begrafnis was.

Ek was laas week weer daar, dié keer om my ma te begrawe – in die NG-gemeente Kroonstad-Suid, waar ek en al my broers en susters aangeneem en voorgestel is en waar my pa dekades lank ouderling was...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.