Die smetverhaal van ’n vroueboef

VROUE STAAN OP VIR VROUE

Die smetverhaal van ’n vroueboef

Langs elke loopsel staan ’n vrou, nie ’n kleur, ras of kultuur nie, wat haar kop in die openbaar hoog moet hou en dan huis toe gaan om te huil, te vloek of te wens sy was liewer dood, skryf ANASTASIA DE VRIES.

OOR die Katlego Maboe-sage wil ek nie ’n enkele tak breek nie. Nie ’n enkele een nie. Sy saak. Al het iemand gereken (sommige meen dis die ma van sy kind) die wêreld moet weet agter al die glans en glorie skuil die smetverhaal van ’n vroueboef.

Daarmee het ek vaal vrede. My saak is met die nasleep van dié gevalle engel se storie, die dubbele standaarde, die onsensitiwiteit vir genderkwessies, die liefdeloosheid veral, wat meestal verdoesel word deur ons gehamer op ras. Want ook in dié geval soos te verwagte dieselle ou deuntjie op dieselle ou rasramkiekie. Long live, lekke ou Immorality Act, long live! Jy wil mos vir jou ’n Coloured vat, skryf ’n “brother”. En die mannekoor dreunsing: As sy ’n “African sister” was, sou sy nie julle argument opgeneem het nie. Nee, sy sou geweet het om die “uncles” te laat kom vir bemiddeling.

Rêrig? Soos my ouma Tôllie sou sê: ’n Loopsel met bottervoete en ’n langoog in enige kleur, ras of kultuur is presies dit: ’n loopsel met bottervoete en ’n langoog. “Loopsel” is een van die mooier skelwoorde wat sy my uncle Ernie toegesnou het wanneer sy vrou die soveelste keer kom praat het oor sy loopsgeit met ander vroue. So dis wat Ma Tôl seker vandag kon sê vir die meer as 60,000 wat ’n petisie onderteken het om Katlego terug op die kassie te kry of die sowat 5,000 ondersteuners op die Facebookblad, “We support Katlego”: Langs elke loopsel staan ’n vrou, nie ’n kleur, ras of kultuur nie, wat haar kop in die openbaar hoog moet hou en dan huis toe gaan om te huil, te vloek of te wens sy was liewer dood...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.