Hoe ware swart ekonomiese bemagtiging gewone mense kan help

NUWE BELEID NOU NODIG

Hoe ware swart ekonomiese bemagtiging gewone mense kan help

Suid-Afrika se SEB-strategie fokus sedert 1994 op die koestering van 'n elitegroep swart magnate. Hulle het min waarde tot die ekonomie toegevoeg en die land kan nie hierdie vermorsing verder bekostig nie, skryf WILLIAM GUMEDE.

SWART ekonomiese bemagtiging, een van die mees verkwistende, duur en ondoeltreffende herverspreidingstrategieë wat in enige postkoloniale gemeenskap sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog uitgedink is, behoort geskrap te word. 

Sowat R1 triljoen is sedert die vroeë 1990’s in die vorm van SEB-ooreenkomste uitgedeel en dit het slegs 'n handjievol swart politieke kapitaliste met goeie politieke bande bevoordeel, asook 'n uitgesoekte groep groot besighede in wit besit en 'n klomp transaksiemakelaars, finansiers en regsfirmas, ook in wit besit.

Dit het 'n uitgesoekte groep politieke tussengangers, fasademanne en -vroue geskep en bemagtig, asook tussengangers wat hulle as regte entrepreneurs voordoen en betaal word om politieke kapitaliste en groot besighede in wit besit met regeringskontrakte en handelslisensies te verbind. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.