Afrikaanse bekgeveg oor die Amerikaanse verkiesing

AMERIKANERS IS PLESIERIG

Afrikaanse bekgeveg oor die Amerikaanse verkiesing

As jy dink die Amerikaanse verkiesing was ’n spektakel wat jy nie kon misloop nie en eenvoudig op die TV-skerm móés volg, het jy nog niks gesien nie. Op sosiale media was daar vuurspoeg-kommentare van SA expats en Suid-Afrikaners, veral Afrikaners, wat skrik vir niks. JAN HORN vertel meer van sy ervaring, en wat hy reken die waarheid is.

EK het my rusbank, en my sitvlak, vyf dae lank voor die TV-skerm lamgesit. Ses verskillende TV-nuusdienste het my verslawing gevoed. Die Amerikaanse presidentsverkiesing. Nou is dit verby en ek ly aan onttrekkingsimptome.

Dit was tot ek die sosiale media op my selfoon oopgemaak het. Goeie genade! As jy dink die Amerikaanse verkiesing was ’n spektakel wat jy nie kon misloop nie, het jy nog niks gesien nie.

Ek is op verskeie forums van expat-Suid-Afrikaners wat nou oor die water woon. Meesal Afrikaansprekendes. En die bekgeveg wat daar losgebrand het, kan nie beskryf word nie. Ek gaan net ’n paar kommentare uitlig wat my oog getref het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.