Dagboek van ’n boervrou

NUWE GELUK

Dagboek van ’n boervrou

Wat maak van jou 'n boervrou? vra TRISCE JANE LAUBSCHER. Is dit 'n bakkie met bullbars of geslagte se familiegrond? 'n Onbeplande Sondagpiekniek in die veld? Graaf en stewels?

  • 13 November 2020
  • Vrye Denker
  • 3 min om te lees
  • artikel 24 van 30
  • Trisce Jane Laubscher

DIE reën val sag op die sinkdak; krag af, daagliks 'n lyn of fase uit met die reënseisoen se koms. Verblydende reën met 'n waatlemoen- en pampoenoes op die lande.

Vroegaand begin die woorde in my gedagtes woel: Wat maak van my 'n boervrou? Verg dit 'n sekere vaardigheid, 'n sekere tydperk se verblyf op 'n plaas, 'n Hilux bakkie ge-bullbar en ge-tralie sodat jou brandstofverbruik per kilometer verhoog of is dit dalk geslagte lank se vererwing van familiegrond?

Of kan dit gebeur dat 'n nuutgevonde stuk grond vinniger by jou hart inkruip, met elke rooi sonsopkoms en sonsondergang se stralegroet, 'n onbeplande Sondagpiekniek in die veld, om te stap saam met die honde of om sommer net te sit en uitstaar oor die grasvelde wat deur die aandwind meesleurend heen en weer gewieg word, met die reuk van skaap- en beesmis sag op die neusvleuels … is dít wat die saadjies van boervrou laat embrio word? ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.