VSA: Dit was aand en dit was môre en dit was ’n nuwe dag

TERUGKEER NA ORDENTLIKHEID

VSA: Dit was aand en dit was môre en dit was ’n nuwe dag

Sy kon weer asemhaal toe dit begin seker lyk daar was genoeg mense wat keelvol was vir Donald J. Trump se vieslike gedrag, skryf MARINDA KOLEV. En sy het weer moed gehad om haar T-hemp aan te trek.

  • 13 November 2020
  • Vrye Denker
  • 8 min om te lees
  • artikel 21 van 30
  • Marinda Kolev

'n PAAR jaar gelede het ek 'n T-hemp gekoop met die woorde: “The Future is Female”. Ek het dit een Vrydag werk toe gedra en sommige mans se reaksie was … priceless. Een kollega ('n pa van drie dogters”) het vir my gesê: “En wanneer is dit mans se tyd?” Ek was so verstom dat ek hom nie kon antwoord nie.

Ná introspeksie en 'n diep gesprek met my lewensmaat het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die hemp dalk passief-aggressief is. Ek het dit nie weer werk toe aangetrek nie, ter wille van goeie verhoudings met my manlike kollegas wat duidelik nie met die idee kon werk dat daar 'n gelyke plek vir vroue in die samelewing is nie.

Maar Sondag, nadat Joe Biden en Kamala Harris se geprojekteerde oorwinning aangekondig is, het ek my hemp uitgehaal en dit aangetrek toe ons winkels toe gegaan het. Biden en Harris se oorwinning het my nuwe moed gegee om my hemp dra. En toe besef ek dat dit presies is wat Trump die afgelope meer as vier jaar vir rassiste, vrouehaters, homofobe, xenofobe, Jood- en Moslemhaters en ek-haat-alles-wat-anders-as-ek-lyk-mense gedoen het. Hy het hulle gemaklik gemaak om hulle T-hemde en vlae en plakkers en plakkate oral op te sit, want daar was niemand wat gesê het: “Maar wat van ...?” nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.