Godsdiens in verkiesings: Wie kul vir wie?

VAN REAGAN TOT TRUMP

Godsdiens in verkiesings: Wie kul vir wie?

Wat maak dat kerkgangers en -leiers bereid is om hul gewig in te span om iemand se politieke loopbaan te bevorder, vra CHARL ADAMS.

NAVORSING van  die gesaghebbende en onafhanklike Pew Research Center wys dat 81% (https://www.pewresearch.org/politics/2018/08/09/an-examination-of-the-2016-electorate-based-on-validated-voters/#religious-affiliation-and-attendance) van wit, evangeliese gelowiges in 2016 vir Donald Trump  gestem het. In die onlangse Amerikaanse verkiesing was dit waarskynlik weer die geval. (Die jongste navorsing van dié navorsingsentrum – in Oktober – toon Trump was steeds wit evangeliste se oorweldigende gunsteling met 78% wat aangedui het hulle gaan vir hom stem.)

Hoe verklaar 'n mens dat soveel Amerikaanse Christene vir 'n man stem wat rassisties, seksisties en xenofobies is en wat Mammon (geld) najaag asof môre nie bestaan nie?

Baie is al gesê oor Trump se geloof. Sommige gelowiges uit veral die pinkster- en charismatiese kerke is vas oortuig dat Trump 'n “instrument in die hand van God” is en Amerika weer groot gaan maak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.