’n Vrees vir moord op ’n plaas

LUISTER NA EN HOOR MEKAAR

’n Vrees vir moord op ’n plaas

Emosies rondom plaasmoorde is steeds ’n mengsel van diepe hartseer, kwade gevoelens en selfs haat wat op verskeie maniere uitspeel en veral ’n effek op verhoudinge in die Suid-Afrikaanse landelike kontekste het, skryf Leslie van Rooi.

SUID-AFRIKANERS is dalk meer as ooit tevore bewus van plaasmoorde. Die gru-martelmoorde oor jare op verskeie plase ontlok ook selfs al hoe meer internasionale reaksie. Hiermee saam bly dit ’n hoogs emosionele tema wat daadwerklik inspeel op hoe ons oor mekaar dink – veral binne die konteks van populisme.

Aan die een kant is die kern van die saak nogal eenvoudig: Moord kan nie goedgepraat word nie. Marteling wat lei tot moord, kan eenvoudig nie geregverdig word nie. Dit is waar binne die konteks van ’n plaas en ook enige ander vorm daarvan. En dit is waar vir almal.

Maar die saak is ook meer kompleks. Die narratief is nie altyd so klinkklaar duidelik en seker nie. So is daar ook nie altyd net een narratief nie. Dink maar aan moorde wat aanvanklik die tipiese eienskappe van ’n plaasmoord het waar ons dan later tot die besef kom dat iets heeltemal anders hier ter sprake is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.