Zuma en Zondo: ’n verstote ou leeumannetjie se wankelrige middelvinger

DAAR GA'T HY

Zuma en Zondo: ’n verstote ou leeumannetjie se wankelrige middelvinger

Die argitek van Suid-Afrika se Nege Verlore Jare het Donderdag soos ’n afgeleefde, verstote ou leeumannetjie voor regter Ray Zondo gesit en vir oulaas ’n wankelrige middelvinger vir die oppergesag van die reg gewys. Dít is Jacob Zuma se nalatenskap: Hy het die land geruïneer en bankrot laat steel en tot die einde geweier om rekenskap te gee. Maar sy probleme met die gereg is ver van oor, skryf MAX DU PREEZ.

REGTER ZONDO se dilemma is dit: As hy toelaat dat Zuma daarmee wegkom om ’n dagvaarding te minag om voor die kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn deur sonder die voorsitter se toestemming uit die kommissie te loop, kan ander getuies dieselfde doen. Maar as hy ’n lasbrief vir Zuma se inhegtenisname aanvra op aanklagte dat hy die kommissie geminag het, gaan die sage nog baie langer uitgerek word en gaan Zuma en sy ondersteuners dit as bewys gebruik dat daar ’n vendetta teen hom is.

Eintlik is dit nie werklik ’n dilemma nie. Om Zuma se middelvinger aan die regbank te ignoreer en hom nie te dwing om te verskyn nie, al weier hy om vrae te antwoord, is onhoudbaar en sal regterlike gesag erg ondermyn in ’n klimaat waar dit klaar onder kwaai druk is.

Volgende jaar gaan ’n hele reeks hoëprofiel- “politieke” sake voor die hof dien, onder meer dié van Ace Magashule en verskeie kabinetslede uit die Zuma-era. Daar kan verwag word dat van dié beskuldigdes ook van Zuma se jare lange regstruuks gaan wil gebruik om geregtigheid te omseil of jare lank te vertraag en die howe verdag te maak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.