Murphy’s Law, daai Giuliani-flopkoek en Trump-rotte wat skoert

TRUMP-KAIINKIES GEBRAAI

Murphy’s Law, daai Giuliani-flopkoek en Trump-rotte wat skoert

Die Emperor-wannabe se krag het hom verlaat, maar die Trump-fiasko is 'n duur les vir diegene wat dink 'n demokrasie is iets wat in grondwette en wette vasgelê word en die waarborg verskaf vir 'n voortdurende ordelike en vooruitstrewende samelewing, skryf ARRIE ROSSOUW.

FORT COLLINS, COLORADO. – Op 23 November, kort ná sonsondergang oor die Withuis en die imposante Washington-monument, het die Emperor-wannabe, Donald John Trump, se krag hom verlaat. 'n Byna onbekende blonde vrou van die ewe obskure algemene-dienste-administrasie (GSA) het haar handtekening op 'n brief geplaas wat die einde van pres. Trump se vier jaar van ongekende ontwrigting en getorring aan die pilare van die Amerikaanse Demokratiese Eksperiment sou inlui.

Soos 'n Simson van ouds het hy al sy kragte ingespan om die pilare te probeer omtrek nadat hy die verkiesing met meer as sewe miljoen stemme verloor het. Maar met Emily Murphy, hoof van die GSA, se handtekening is die proses formeel aan die gang gesit om die burokratiese oorgang van die Trump-regime na die verkose Demokratiese administrasie van Joe Biden en Kamala Harris die stempel van goedkeuring te gee.

Op daardie oomblik het Murphy’s Law ingeskop. Donald se haarlok is te kort bevind en al sy geblaf en geblaas was nie genoeg om die pilare 'n haarbreedte te beweeg nie. Emily Murphy het sy opgepompte spiertjies geprik.  ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.