TER WILLE VAN OORLEWING
ANC kan nie bekostig om Ramaphosa te vervreem nie
Hoe lyk pres. Cyril Ramaphosa se kans op politieke oorlewing? Dis maklik om te dink dat sy politieke rakleeftyd bedreig word, maar hy is tans die enigste politikus in Suid-Afrika wat op sy eie kan wegbreek van sy party en ’n wesenlike kans het om ’n nasionale verkiesing teen die ANC te wen, meen PIET CROUCAMP.
TER WILLE VAN OORLEWING
ANC kan nie bekostig om Ramaphosa te vervreem nie
Hoe lyk pres. Cyril Ramaphosa se kans op politieke oorlewing? Dis maklik om te dink dat sy politieke rakleeftyd bedreig word, maar hy is tans die enigste politikus in Suid-Afrika wat op sy eie kan wegbreek van sy party en ’n wesenlike kans het om ’n nasionale verkiesing teen die ANC te wen, meen PIET CROUCAMP.
Deel
EK kan nie nou dink aan ’n nasionale leier of president wie se ondergang so druk bespreek is in die eerste momente van sy verkose ampstermyn as Cyril Ramaphosa s’n nie. Soos Mail & Guardian onlangs berig het, is hy die leier van ’n party in krisis. Dit is nie ’n omstrede punt om te maak dat die ANC ’n instelling deurtrek van korrupsie geword het nie.
Byna 50% van die lede van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC behoort gevra te word om hulself aan die nasionale vervolgingsgesag (NVG) te verduidelik. Die sogenaamde topses in Luthulihuis is eintlik maar ’n politieke skandvlek op die bevrydingsparty, en soos Max du Preez ’n week gelede in hierdie koerant aangedui het, is daar nie werklik ’n sterk, betroubare en eerbare kern in die kabinet om die verantwoordelikheid van leierskap met Ramaphosa te deel nie.
Onder hierdie omstandighede is dit maklik om te dink dat Ramaphosa se politieke rakleeftyd bedreig word. Die uitgestelde mosie van wantroue in die nasionale vergadering is ’n voorstel van die ATM-gemeente, waarskynlik op aandrang van die politieke aspoester Mzwanele Manyi. Maar die ontydige vervlakking van die voorstel is eintlik benede die waardigheid van Ramaphosa, so ondenkbaar as wat dit sou wees vir Nelson Mandela en Thabo Mbeki. Dit is iets waarmee die presidentskap van ’n politieke struikrower soos Jacob Zuma geassossieer word. Thandi Modise het blykbaar vir ’n bekende Afrikaanse politieke ontleder gesê sy vermoed – of weet – dat die mosie van wantroue in die president via die ATM vanaf Supra Mahumapelo en Ace Magashule kom. Ek vermoed sy is reg. Praat van lewe in ’n vark blaas...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Afrikaners se wit messias
Só vou die groot opposisie-hoop
Dáárom wikkel ouditeure met somme
Dink anders oor bemagtiging, góú!
Vlugvoos tot 2030
Deel
Deel
Volgende artikelPiet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.