Mense wat mekaar heelmaak. Storie vir storie. Saam.

BARRYDALE

Mense wat mekaar heelmaak. Storie vir storie. Saam.

As mens alles weet, weet jy nog nie alles nie, skryf ANASTASIA DE VRIES oor Barrydale.

AS ’n mens alles weet, weet jy nog nie alles nie. Wie die woorde gesê het, en of dit die regte woorde is, weet ek nie. Maar wat ek weet, is dat Barrydale tot nou vir my net die punt is waar ek my asem uitblaas ná die lang stuk niks van Ladismith af. Ons hou gewoonlik verby. Die sypaadjies en kuierplekke is oorvol toeriste uit die Kaap en elders; elke gaatjie ’n parkeerplek.

Dis ’n gewilde bestemming met veel te doen en te sien, die jaarlikse lentefees (“Barrydale in Bloom”) in Oktober ’n besliste hoogtepunt, lui die reklame op verskeie webwerwe. Sommige vertel ook die verhaal van ’n dorp wat steeds die nalatenskap vertoon van apartheid toe dit in twee verdeel is om wit en die oorgrote meerderheid bruin mense van mekaar te skei. Maar dit vertel nie die verhaal van dié kolletjie aarde op die grens van die Overberg en die Klein-Karoo wat elke jaar al vir die afgelope dekade die Suid-Afrika is wat ons kan wees nie.

Tot ’n dag of wat gelede het ook ek nie dit geweet nie. Jy weet maar niks, verklaar my “gids” toe hy hom klaar gebreek het vir my toeriste-perspektief op sy plek. Ja, sommige hou nog die ruimtelike apartheid in stand deur die gebruik van sy woonbuurt se apartheidsnaam, Smitsville. Half weggesteek agter ’n koppie wat die dorp in twee verdeel, het die inwoners dit destyds algou herdoop tot “Steek-my-weg”. Maar vra hom waar hy vandaan kom, en hy antwoord Barrydale, Upper-Barrydale agter die koppie, om presies te wees, spot hy...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.