JEFF RANKIN | 2020 in volkleur

DIS 'N KUNS

JEFF RANKIN | 2020 in volkleur

Die illustreerder en afdrukkunstenaar JEFF RANKIN se kunswerke gee Vrye Weekblad elke week 'n unieke en treffende voorkoms. Hier kies hy sy nege gunstelingwerke wat hy in 2020 vir ons geskep het en vertel meer van homself asook die satire, skeppende proses en storie agter elke illustrasie.

  • 23 Desember 2020
  • Vrye Denker
  • 11 min om te lees
  • artikel 9 van 24
  • Jeff Rankin

MY belangstelling in redaksionele kunswerk is in die vroeë 1970's al geprikkel toe ek ’n student in die beeldende kunste in Durban was. Om afdrukke te maak (dit was my hoofvak en die fokus van my nagraadse studies) was ’n natuurlike keuse, want ek kon só my liefde vir naturalistiese sketse met die grafiese impak van handgemaakte én handgedrukte kunswerke kombineer.

Op skool en met militêre diensplig het ’n rou, kritiese satire ontwikkel, wat ek op kunsskool kon verfyn met invloede soos Goya, Daumier, Grosz, Steadman en Derek Bauer. Ek het later voltyds klas gegee in die visuele kunste en kon gereeld uitstal en deeltyds vir verskillende publikasies werk.

In 1982 het ek as ’n spotprenttekenaar vir die Sunday Tribune begin werk. Dit was hoofsaaklik pen-en-ink-sketse. Toe ons in 1993 na die Oos-Kaap trek, was ek ses maande lank die weeklikse spotprenttekenaar vir die Daily Dispatch voordat ek die universiteit se kunsdepartement op die been gebring het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.