’n Verlange na dié menseverhoudings

NOSTALGIE VIR DIE TOEKOMS

’n Verlange na dié menseverhoudings

Maak erns met mekaar en ons gesamentlike lot om 'n nalatenskap met diep nostalgiese herinneringe te skep, skryf DOUW KRÜGER.

DIE woord “nostalgie” word selde in die spreektaal gebruik. Mense sê eerder: “Ek verlang na my koshuisdae.” Of na die plaas of die drie jaar in Frankryk.

Soms praat ons van heimwee. Die woordeboeke verklaar nostalgie in terme van verlange en heimwee na beter tye of beter plekke. Maar die tye of plekke was tog nie altyd beter nie.

Een woordeboek beskryf nostalgie ook na aanleiding van die vermoë wat musiek het om 'n mens terug te voer na 'n ander tyd in jou lewe. Dit klink logies en ek het dit self ook só ervaar. Ek was van kleintyd af lief vir musiek – klassieke musiek, maar ook dit wat ek “ordentlike” ligte musiek genoem het. Een so 'n musiekstuk is die bekende Elizabethaanse Serenade van Ronald Binge. Ons het die plaat gekry toe ek 11 jaar oud was – ek het as kind baie daarna geluister en ek luister steeds daarna...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.