POLITIEKE NOTABOEK | Oor entstof-jeremiades, parallelle state...

DIE WEEK IN POLITIEK

POLITIEKE NOTABOEK | Oor entstof-jeremiades, parallelle state en hoër belasting

Die Eerste en die Derde Wêreld bestaan naas mekaar in Suid-Afrika, en die gaping is so wyd soos die Karoo se vlaktes, skryf MAX DU PREEZ.

HIER is die ding van ons landjie hier aan die suidpunt wat buitelanders moeilik verstaan, en wat Suid-Afrikaners self nie altyd mooi registreer nie: Ons private sektor is min of meer so gesofistikeerd en effektief as dié in enige ontwikkelde land, maar ons staatsektor is deesdae byna heel onder op die skaal van sukkelende lande uit die “Derde Wêreld”.

Ek het al buitelandse besoekers hier ontvang wat absoluut verstom is hoe gevorderd dié Afrika-land is. Hulle bly in wêreldklas-hotelle en eet in toprestaurante in pragtige stede soos Kaapstad, Uber met gemak oral rond om die mooi natuurskoon te geniet en besoek die wynplase, wat nie ’n duim vir dié in Bordeaux of die Napavallei hoef terug te staan nie, of een van die vele wildreservate wat loshande die beste ter wêreld is.

As hulle siek word, kry hulle die beste behandeling moontlik by private hospitale...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.