Sien jou in die strate, Max

NOTISIES UIT DIE KLUBHUIS

Sien jou in die strate, Max

Terwyl die kommentariaat die gebrek aan versoening en die nielewering van dienste aan die armes betreur, is wit boere in tweekleurige hemde en swart werkers uit die werkersklas in blou oorpakke besig om kragte saam te snoer om swak dienslewering te beveg, skryf EUGENE BRINK, strategiese adviseur vir gemeenskapsake by AfriForum, in repliek op Max du Preez se ontleding in Maandag se nuusbrief.

  • 22 Januarie 2021
  • Vrye Denker
  • 5 min om te lees
  • artikel 19 van 27
  • Eugene Brink

MAX du Preez se onlangse ommekeer in Vrye Weekblad oor die noodsaak van ’n parallelle staat is kennelik laat, maar ten minste nie halfhartig nie.

Die stuk is besiel met ’n vurige pleidooi dat mense betrokke moet raak en die gate help toestop wat die regering nie kan toestop nie. Hy beskryf in groot detail wat dié mislukkings is. Maar net voor dit komplimenteer hy sommige organisasies vir hul welwillendheid en visie, en pleit dat die hele Suid-Afrika ’n AfriForum en Solidariteit moet hê. Dit is iets wat ek in die verlede herhaaldelik bepleit het en sal voortgaan om tot my dood te bepleit. Vername Westerse intellektuele soos Niall Ferguson het soortgelyke en rederyke argumente geopper oor die belangrikheid van ’n burgerlike samelewing (lees gerus The Great Degeneration: How Institutions Decay and Economies Die). So ook die grootse Alexis de Tocqueville.

>> Lees Max du Preez se stuk hier: Ons het ’n Solidariteit en AfriForum vir álle Suid-Afrikaners nodig (https://www.vryeweekblad.com/bulletins/2021-01-18-ons-het-n-solidariteit-en-afriforum-vir-lle-suid-afrikaners-nodig/)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.