In hierdie kroniek van die pandemie skryf FRIK DE BEER, ’n lid van Vrye Weekblad se lesersgemeenskap, oor dik Kubaanse sigare, pynappels, Sassa-toue en 'n verskroeideaardebeleid.
MY vriend Abjater bel. “Laat my dink aan PW Botha se SVR, die NCCC. Onthou jy, die Staatsveiligheidsraad? National Coronavirus Command Council. Dankie tog vir die Grondwet wat nie so nuut is nie en die geregshowe.”
Hy raak swaarmoedig. “In my ergste nagmerrie sien ek Owerste Sarel waar hy in ligte luim saam met sy ministers verkeer. Enkeles trotseer die argwaan van die raadsvrou en rook dik Kubaanse sigare. Almal het 'n glasie van die beste uit die Wes-Kaap in die hand. Gelukwense word gedeel. Op die rioolusie. Die voorsitter, met 'n vonkel in die oog, lig sy glasie in saluut.”
Op die nuus het ons verbrande mielielande op die plase by Boons gesien; hulle bereken die skade op sewe miljoen. Maar om 'n entjie, 'n sigaret, aan die brand te steek was teen die wet. Die sigaretsmokkelaars se pryse is hoog en dan betaal hulle nie eens belasting nie. Een berig praat van R35 miljoen per dag wat verlore gaan aan belasting; meer as R4 biljoen net tot 21 Julie laas jaar. In Augustus is die verbod opgehef en die hooggeregshof bevind in Desember dat die regering onregmatig opgetree het. Mosterd ná die maal, maar minstens is die verbod nog nie weer ingestel nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
NOTISIE UIT DIE KLUBHUIS
Saluut op die rioolusie
In hierdie kroniek van die pandemie skryf FRIK DE BEER, ’n lid van Vrye Weekblad se lesersgemeenskap, oor dik Kubaanse sigare, pynappels, Sassa-toue en 'n verskroeideaardebeleid.
Deel
MY vriend Abjater bel. “Laat my dink aan PW Botha se SVR, die NCCC. Onthou jy, die Staatsveiligheidsraad? National Coronavirus Command Council. Dankie tog vir die Grondwet wat nie so nuut is nie en die geregshowe.”
Hy raak swaarmoedig. “In my ergste nagmerrie sien ek Owerste Sarel waar hy in ligte luim saam met sy ministers verkeer. Enkeles trotseer die argwaan van die raadsvrou en rook dik Kubaanse sigare. Almal het 'n glasie van die beste uit die Wes-Kaap in die hand. Gelukwense word gedeel. Op die rioolusie. Die voorsitter, met 'n vonkel in die oog, lig sy glasie in saluut.”
Op die nuus het ons verbrande mielielande op die plase by Boons gesien; hulle bereken die skade op sewe miljoen. Maar om 'n entjie, 'n sigaret, aan die brand te steek was teen die wet. Die sigaretsmokkelaars se pryse is hoog en dan betaal hulle nie eens belasting nie. Een berig praat van R35 miljoen per dag wat verlore gaan aan belasting; meer as R4 biljoen net tot 21 Julie laas jaar. In Augustus is die verbod opgehef en die hooggeregshof bevind in Desember dat die regering onregmatig opgetree het. Mosterd ná die maal, maar minstens is die verbod nog nie weer ingestel nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel