DIE Konstitusionele Hof het verlede week beslis dat oudpres. Jacob Zuma “laakbaar” opgetree het in sy onderhandelinge met die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping én ’n kostebevel teen hom uitgereik. Zuma se afkeurenswaardige gedrag is deels deur sy regspan, onder leiding van adv. Muzi Sikhakhane, moontlik gemaak. Dit laat vrae ontstaan oor die etiese en regsverpligtinge van advokate wat invloedryke kliënte verteenwoordig en wie se regstrategie bepaal word deur die verontagsaming van die reg, 'n direkte skending van die oppergesag van die reg.
Adv. Kemp J. Kemp, bekend omdat hy Zuma in sy verkragtingsverhoor verteenwoordig het en Zuma se “Stalingrad-strategie” toegepas het om aanspreeklikheid vir sy beweerde betrokkenheid by korrupsie te help vermy, is onlangs oorlede. Kemp is wyd (en met reg) vir sy briljante regsbrein geprys, maar sy twyfelagtige etiese hantering van Fezekile Kuzwayo, die oorwinnaar en klaer in die Zuma-verkragtingsverhoor, is in die algemeen goedgepraat. Soos Redi Tlhabi voorheen opgemerk het, Kemp was “meesterlik – en ek bedoel dit nie as ’n kompliment nie – in sy skaamtelose uitbeelding van Fezekile Kuzwayo as ’n slet”.
Diep gewortelde seksisme..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.