Staatsrede: ’n Bietjie nuwe dringendheid sonder veel geloofwaardigheid

REALISME EN SKEPTISISME

Staatsrede: ’n Bietjie nuwe dringendheid sonder veel geloofwaardigheid

Die 2021-staatsrede deur pres. Cyril Ramaphosa was 'n gedempte geleentheid sonder veel seremonie. MAX DU PREEZ het met groot hoop in die hart geluister of daar tekens van wending en inkeer is.

PRESIDENT Ramaphosa se staatsrede sou briljant en inspirerend gewees het − as sy regering se geloofwaardigheid om beloftes na te kom, nie so swak was nie; as ons nie onthou het dat hy verlede jaar en voorverlede jaar min of meer dieselfde goed gesê het nie; en as ons vir 'n oomblik kon vergeet dat hy ook die president van die regerende party is, 'n party wat toenemend homself opvreet.

Tog het vele Suid-Afrikaners Donderdagaand na die president geluister en stilletjies gesê: Kan jy jou indink hoe ons nou sou gelyk het, waarna ons nou sou moes luister, as Ramapahosa drie jaar gelede die ANC-leierskapverkiesing verloor het?

Ek het 'n nuwe dringendheid gehoor, 'n nuwe realisme, 'n nuwe fokus. Groter erkenning aan die private sektor as werkskepper, groter eerlikheid oor die ineenstorting van plaaslike owerhede, daadwerklike planne om binnekort nuwe elektrisiteitsvoorsieners te lisensieer en beleggers te lok om van Eskom se aanlegte oor te neem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.