Vertroue in die media het ’n nuwe laagtepunt bereik

PANEELVERSLAG KOMMERWEKKEND

Vertroue in die media het ’n nuwe laagtepunt bereik

Joernalistiek in Suid-Afrika moet ingrypend herbedink word, skryf HERMAN WASSERMAN. Dis ál manier om die publiek se vertroue in die media te herstel.

KOMMERWEKKENDE leesstof – dít is hoe ’n onlangse verslag (https://sanef.org.za/wp-content/uploads/2021/01/SANEF-ethics-report-OK.pdf) deur ’n onafhanklike paneel oor die etiek en geloofwaardigheid van Suid-Afrika se nuusmedia beskryf kan word. Die paneel, onder leiding van die afgetrede regter Kathy Satchwell (https://www.ru.ac.za/communicationsandadvancement/alumnirelations/theorunion/distinguishedalumniawards/2019recipients/kathysatchwell.html), is deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum byeengebring ná ’n reeks etiese misstappe (https://theconversation.com/journalism-makes-blunders-but-still-feeds-democracy-an-insiders-view-146364) deur Sunday Times, (https://www.timeslive.co.za/sunday-times/)’n koerant wat die land se media-omgewing meer as 100 jaar (https://www.newsbank.com/libraries/colleges-universities/solutions/resources-location/sunday-times-archive-1906-today) oorheers het. As die koerant met die grootste sirkulasiesyfer is dit ook as die invloedrykste een beskou.

Die foute het feitelike onakkuraathede in berigte oor bewerings van polisiemoorde (https://www.politicsweb.co.za/documents/sunday-times-taco-kuiper-runnerup-award-revoked--a) ingesluit, asook berigte oor beweerde onregmatige uitsettings van Zimbabwiërs. (https://www.bbc.com/news/world-africa-30597414) Nog ’n groot storie was oor ’n vermeende “rampokker-eenheid” (https://www.timeslive.co.za/sunday-times/lifestyle/2014-12-06-sars-suspends-rogue-unit-men-after-expos/) (“rogue unit”) in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Die paneel het bevind (https://sanef.org.za/wp-content/uploads/2021/01/SANEF-ethics-report-OK.pdf) dat die koerant “in die mees basiese beginsels van joernalistieke praktyk misluk het”...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.