‘Ek het ’n bloedbad verwag’ – dit ís ’n bloedbad, Angie!

PUBLIEK WORD OM DIE BOS GELEI

‘Ek het ’n bloedbad verwag’ – dit ís ’n bloedbad, Angie!

Om ’n paar redes, wat politieke inmenging insluit, is dit onwaarskynlik dat die matriekuitslae die werklike akademiese uitkomste weerspieël, sê JONATHAN JANSEN.

DIE slaagpersentasie onder gevangenes wat die graad 12- of Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen afgelê het, was 86.3%, maar net 76.2% vir leerders in gewone skole. Jou kans om ’n goeie slaagsyfer te behaal is dus beter in ’n tronk as in ’n skool. Ouers behoort dit in gedagte te hou wanneer hulle moet besluit waar om hul kinders in te skryf.

Jy hoef nie ’n graad in syfers te hê om te besef dat hierdie stellings op onsinnige logika neerkom nie. En tog, as jy groot hoeveelhede data tot jou beskikking het, kan jy soveel oënskynlik gesaghebbende aansprake maak as wat jy wil net om die publiek om die bos te lei.

Dit is presies wat die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, en haar direkteur-generaal, Hubert Mathanzima Mweli, wéér die afgelope week gedoen het. Dié keer is daar egter ’n tragiese agtergrond vir die jaarlikse oëverblindery – ’n pandemie wat meer as 49,000 siele geëis het. Meer as 2,000 van hulle was personeel wat in skole gewerk het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.