Regter Hlophe: Krisis vir die regspraak én die politiek

REGBANK IN DIE GEDRANG

Regter Hlophe: Krisis vir die regspraak én die politiek

Regter John Hlophe se omstrede kwytskelding van oud-minister Bongani Bongo op aanklagte van omkopery is vir Suid-Afrika se regbank soos N.P. van Wyk Louw* se ‘klein klein beiteltjie' wat ’n bars ‘dwarsdeur die sterre' kan laat loop. MAX DU PREEZ ontleed die impak wat dit op die politiek en die regspraak kan hê.

VERGEET eers van die identiteite van die rolspelers, hoe klink dié storie vir jou?

’n Regter word deur twee meer senior regters beskuldig dat hy hulle probeer beïnvloed om die staatshoof in ’n hofsaak te beskerm. Dieselfde regter word deur ’n kollega beskuldig dat hy hom fisiek aangerand het. Twee ander ernstige aanklagte van onetiese en onprofessionele optrede word ook teen die regter ondersoek.

Toe word ’n senior politikus, ’n skoothond van die president hierbo genoem, van omkopery aangekla. Die bewering is dat hy ’n parlementêre ondersoek wou sink wat vir die president se faksie van die regerende party ’n verleentheid sou kon word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.