Voorwaarts na Love Island SA met Hlaudi, Meghan en Eusebius

MEINE REALITÄT

Voorwaarts na Love Island SA met Hlaudi, Meghan en Eusebius

Net toe dit lyk of die vernietigende golwe van geregtigheid oor Suid-Afrika se eie Liefdeseiland sou breek, het ’n internasionale span kundiges onder leiding van C. LOUISE KORTENHOVEN vir Love Island SA in die bres getree.

DIE meeste van die kollegas hier aan die departement djenderstudies van ons universiteit is groot aanhangers van werklikheidsreekse op televisie. Veral tydens inperking vind baie van hulle dit skynbaar ’n goeie manier om in voeling te bly met die zeitgeist daar buite.

Dr. Coenie Lingus meen selfs ’n reeks soos Love Island UK verteenwoordig ’n weergalose mikrokosmos van gewone mense se daaglikse bestaan: “ ’n Groepie karig geklede jongmense wat heeldag by die huis rondhang, sonder enige hoop om eendag ’n regte werk te hê, en niks beters het om te doen as om mekaar eindeloos te beswadder nie – is dit nie presies die lewe van die meeste Suid-Afrikaners nie?”

Nou, ek loop nie graag onder dr. Lingus se skerp tong deur nie, maar hier moet ek van hom verskil. Waarom kan ons nie dié soort reekse meer Suid-Afrikaans maak nie? Wat is fout met sê nou maar ’n Keeping up with the Kwerekwere? Of regter Hlope as Judge John, ons eie Judge Judy? Ons het darem deesdae ’n Real Housewives of Durban, maar waarom dié metropolisisme? Sal ons nie ’n Real Housewives of Nkandla veel meer geniet nie?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.