POLITIEKE NOTABOEK | Die winde van verandering waai – maar is...

IETS IS AAN DIE GEBEUR

POLITIEKE NOTABOEK | Die winde van verandering waai – maar is dit ’n Suidooster?

Die loods van ’n breë drukgroep in die burgerlike samelewing om die Grondwet te beskerm, en die kaalkop-aanvalle op Ace Magashule uit die ANC-binnekring, beteken dalk die breekspul in die party is op hande, skryf MAX DU PREEZ, en hy het ’n paar gekruide woorde vir Dali Mpofu.

EK hoor ’n duidelike geruis wat dalk net die winde van verandering kan wees wat van die besoedeling in ons politieke lug kan wegwaai.

My ervaring is dat daar nie iets soos toeval in die politiek is nie. Ek sien ’n duidelike verband tussen die herlewing van die aktivisme van die UDF-dae in die nuwe Defend Our Democracy-beweging; openlike aanvalle op Ace Magashule en sy RET-groep deur invloedryke lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK); die aansoek in die Konstitusionele Hof dat Jacob Zuma tronk toe gestuur moet word; en die sterk gerugte van ’n komende kabinetskommeling.

Dit gaan dalk net ’n briesie wees, maar dalk ontwikkel dit in ’n stewige Suidooster. ’n Stormwind is juis wat Suid-Afrika se demokrasie nou nodig het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.