Florence de Vries is 'n kommunikasiespesialis aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het haar loopbaan begin as finansiële verslaggewer by Media24 en later Independent Newspapers voor sy die korporatiewe kommunikasiewêreld in 2011 betree het. Sy het haar voorgraadse studies in 2003 aan die Universiteit van Kaapstad voltooi en 'n meestersgraad in die joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch in 2008 verwerf. Sy en haar man en hul vyfjarige dogtertjie woon in Kaapstad se noordelike voorstede.
ONTHULLINGS WAT WALG
Kanselleerkultuur: Sit af daai musiek
Die ontwaking oor ‘gevoelens’ en ‘menswees’ was deel van die strelende klankbaan van ons jeug. Maar die laaste paar jaar se onthullings oor sekere kunstenaars walg haar só dat sy nou groot dele van haar mondigwording moet hersien, sê FLORENCE DE VRIES.
Deel
If they say why (why?), why (why?) Tell them that it’s human nature…
– Michael Jackson
IN 1996 word ons en dié liedjie deur die wêreldberoemde popkoning Michael Jackson, volwaardige tieners. Die kombinasie van sy fluisteragtige stem en die ragfyn harmonieë het dié perfekte ballade verwesenlik. Dié ontwaking oor “gevoelens” en “menswees” was deel van die strelende klankbaan van ons jeug.
Vir talle oomblikke in daardie delikate jare van Suid-Afrika se oorgang was dit sy musiek wat ons herinner het dat die liggies van volwassenheid daar doer in die verte vir ons flikker. Die wêreld was aan ons voete. Voor dit sou ons eers by die standerdsespartytjie met die bottel brandewyn op die witplastiektafel die steekpyn van die yl sigaretrook in ons oë beleef. Daarmee saam ook die eenvoud van ’n onskuldige rondgeskuifel totdat iemand iewers in die donker opgehou huiwer het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Van bioom na bioom op pad na Die Hel
Toi-toi in die 80’s deur lens van teologie
Die vonkel in versiering
Die verhale van mense wat soos ek lyk
Dis tyd dat ons opnuut en sinvol dink oor vroue
Deel
-
Deel
Florence de Vries
KommunikasiespesialisFlorence de Vries is 'n kommunikasiespesialis aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het haar loopbaan begin as finansiële verslaggewer by Media24 en later Independent Newspapers voor sy die korporatiewe kommunikasiewêreld in 2011 betree het. Sy het haar voorgraadse studies in 2003 aan die Universiteit van Kaapstad voltooi en 'n meestersgraad in die joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch in 2008 verwerf. Sy en haar man en hul vyfjarige dogtertjie woon in Kaapstad se noordelike voorstede.