Polemiek in die République: In Frankryk vreet ’n ideologiese...

ABSTRAKTE VYAND

Polemiek in die République: In Frankryk vreet ’n ideologiese slang sy eie stert

Daar is 'n nuwe gevaar-etiket in die Franse samelewing: islamo-gauchisme – 'n veronderstelde flankering tussen radikaal-linksgesindes en politieke Islam. JANNIKE BERGH verduidelik.

DAAR is ’n nuwe gevaar wat die Franse samelewing laat wankel en nou ook Franse universiteite laat kraploop: islamo-gauchisme. So meen die Franse minister van hoër onderwys en navorsing, Frédérique Vidal, wat op 23 Februarie aangekondig het dat sy die Franse nasionale sentrum van wetenskaplike navorsing (CNRS) opdrag gegee het om verslag te lewer oor ’n fenomeen wat onpartydige akademiese ondersoek sou “ondermyn en die Franse samelewing destabiliseer”. “Islamo-linksisme" is ’n veronderstelde flankering tussen radikaal-linksgesindes en politiese Islam wat “volksvreemde" denkvelde soos postkoloniale, etniese, rasse- en genderstudies aanwend om Franse “republikeinse waardes" te verorber.

As jy egter steeds wonder wat op dees aarde “islamo-linksisme" is, is jy nie alleen nie. Dit laat die alledaagse Fransman op straat ook kopkrap. Alhoewel dié doelbewus-vae nuutskepping al vir ’n rukkie in die lug hang, word dit tans deur politici herwin om ’n abstrakte vyand te verslaan – met ander woorde, om stemme te werf in die aanloop tot die presidensiële verkiesings in 2022.

Dit blyk dat Marine Le Pen se verregse Rassemblement National (voorheen Front National) weer eens Emmanuel Macron se La République En Marche! se grootste opponent sal wees, maar die woord “opponent" is nie regtig gepas nie – nie in Macron se geval waar die uitvoerende regering tans mobiliseer om die tradisioneel regses en verregses se stemme ook in te samel nie. Dat Macron in die eerste plek in die Sosialistiese Party (Parti Socialiste) gedien het, spreek boekdele oor dié party se beleide en hoekom die PS ná François Hollande verbrokkel het en Frankryk steeds nie ’n verenigde linkse front kan vorm nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.