Gee die vertroue-smouse ’n kans

DIE KALF IS IN DIE PUT

Gee die vertroue-smouse ’n kans

Daar is ’n klomp inisiatiewe oor die land heen – van voetsoolvlak tot op die heel hoogste sfere van besluitneming – waar ‘redelikes’ bymekaarkom en dinge probeer regmaak, skryf LIESL LOUW-VAUDRAN. Een van hulle is die In Transformation Initiative, wat in verskillende sektore van die ekonomie betrokke raak sodat belangrike konneksies tussen sakelui en die regering op baie hoë vlak vooruitgang kan fasiliteer.

ALMAL is dit eens dat daar ’n groot gebrek aan vertroue is onder Suid-Afrikaners. Dit verhinder die land om vorentoe te beweeg en om sy veelvuldige krisisse op te los.

Die opposisie wantrou die ANC, ANC-faksies wantrou mekaar, Afrikaanses wantrou die regering en sakelui kan niks opgelos kry nie omdat vertroue tussen amptenare en sakemense op ’n laagtepunt is.

Om ons sokkies op te trek ná die slag van Covid-19 en uit die moeras van armoede en korrupsie te kom, gaan elke laaste bietjie krag uit die nasie tap. Piet Croucamp (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2021-03-26-n-koalisie-van-redelikes-en-pragmatiste-is-al-wat-hierdie-land-kan-red/) praat van ’n soeke na “pragmatiste en redelike mense” wat goed bedoel en mekaar vertrou. ’n Mens sal met ’n flitslig deur die land moet trek om hulle op te spoor...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.