Zuma: En wat as die hof die parlement ontbind? Hehehe.

NOTA BENE

Zuma: En wat as die hof die parlement ontbind? Hehehe.

Suid-Afrika is 'n pseudo-demokrasie, sê Jacob Zuma. Maak gereed om vir jou inenting tou te staan. Tony Leon sit sy voet daarin en Panyaza Lesufi belowe tenders.

HY was lid van die ANC se span wat tussen 1990 en 1994 vir 'n nuwe grondwet en 'n konstitusionele staatsbestel onderhandel het. Tussen 1994 en 1999 was hy 'n lid van die uitvoerende komitee in KwaZulu-Natal, van 1999 tot 2005 vise-president en van 2008 tot 2018 president van Suid-Afrika.

En nou, in 2021, verklaar Jacob Gedleyihlekisa Zuma: “The painful struggle we fought was for democracy and NOT the constitutional democracy we have today.”

Die idee van 'n konstitusionele demokrasie is die ruggraat van ons Grondwet. Die Grondliggende Bepalings van die Grondwet lui: “Hierdie grondwet is die hoogste reg van die Republiek; enige regsvoorskrif of optrede daarmee onbestaanbaar, is ongeldig, en die verpligtinge daardeur opgelê, moet nagekom word.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X