×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
POLITIEKE NOTABOEK | Die ge-Zoom van die bye en die lekker ...

SY GEDAGTES HOOG IN DIE TAKKE

POLITIEKE NOTABOEK | Die ge-Zoom van die bye en die lekker turksvye

MAX DU PREEZ skryf oor Jacob Zuma se dreigemente en paranoia, die RET se planne vir ’n nuwe party, Ace Magashule se slopemmer-nalatenskap en stemme wat opgaan om Adam Habib se akademiese pos te red.

LY Jacob Zuma aan patologiese vervolgingswaansin, of speel hy net so lank al slagoffer om met spreekwoordelike moord weg te kan kom dat hy dit nou self begin glo?

Hy onderteken sy jongste klaaglied vir die eerste keer, sover ek kon vasstel, nie net met die naam wat sy pa hom gegee het nie, Gedleyihlekisa (“hy wat glimlag as hy jou seermaak”), maar ook met die naam wat sy ma hom gegee het, Mhlanganyelwa. Hy het jare gelede oor dié naam gesê: “It perhaps all makes sense now, for the literal meaning of the name is when people conspire or gang up against you!"

In die transkripsie van sy voorlegging aan die ANC se topses via Zoom twee weke gelede sê hy herhaaldelik dat daar al verskeie aanslae op sy lewe was. (Net een van dié “pogings tot sluipmoord” het die wetstoepassers se aandag getrek: toe een van sy vroue hom kwansuis vergiftig het. Maar die ondersoek het bevind dat daar geen getuienis bestaan dat dit wel gebeur het nie.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.