Belfast brand: Tieners die nuwe voetsoldate

NOORD-IERSE KONFLIK VLAM WEER OP

Belfast brand: Tieners die nuwe voetsoldate

Pro-Britse paramilitêre organisasies wat in die dekades lange konflik in Noord-Ierland ontstaan het, sit weer agter die geweld wat nou in dié land losgebars het. Maar spanning oor Brexit dra ook by daartoe, skryf ADRI KOTZÉ.

DIE meeste van die gemaskerde groep aanvallers wat jil en  polisievoertuie en -amptenare met petrolbomme en bottels en vuurwerk bestook en vure in die straat aan die brand steek, dra die universele uniform van tieners wat lyk of hulle ewe lus is vir moeilikheid as vir 'n wegneemburger: sweetpakke met bekende handelsname (kappie oor die kop getrek) en tekkies. 

In die donker spring 'n meisie uitgelate op 'n seun se rug en hulle lag, wys een videogreep. 'n Jong man swaai die Britse unievlag. Hy lyk verveeld. Nóg grepe op selfoonkameras wys hoe 'n groep petrolbomme na 'n bus gooi, die bestuurder uitsleep en die bus aan die brand steek.

Elders word bekend gemaak tientalle polisiebeamptes is beseer, eiendom beskadig en betogers – van hulle is 13, 14 jaar oud – gearresteer in die geweld wat 'n week lank al elke aand in dele van Noord-Ierland  losbars. Die betogers is meestal tieners en jongmense van arm werkersklasgebiede, soos die lojalistiese en Protestantse bastion Shankill in die weste van Belfast...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.