Is daar ’n entstof teen korrupsie?

REG EN VERKEERD

Is daar ’n entstof teen korrupsie?

Toe die inperking begin het, moes ons sommer ook begin het om politici en amptenare teen korrupsie in te ent, skryf CELESTE CAMPHER.

EK het onlangs 'n kort video gekyk van Zarah Sultana wat gedeel is in een van die vele WhatsApp-groepe waarin ek geforseer is om te wees in my poging om in verbinding te bly met familie, onderwysers, ander ouers, kollegas, en andere wat bekend en onbekend is. Ek kyk eerlikwaar baie selde hierdie video's, behalwe as dit van een van my base kom, want dan is dit waarskynlik iets wat ek behoort te weet. Maar om een of ander rede het ek hierdie video gekyk wat my pa gedeel het. Hy het dit sy missie gemaak om so veel as moontlik video's te deel as bron van inspirasie en inligting vir hierdie maandelikse meningstukke. 

Sultana is 'n 27-jarige en is 'n politikus van die Britse Arbeidersparty sedert 2019. In hierdie video ontleed sy in 'n Britse parlementêre sessie hoe sekere politici van die Konserwatiewe Party en parlementslede die Covid-pandemie gebruik om munt te slaan uit verskeie tenders vir persoonlike beskermingsdrag in Brittanje. In haar sagte tirade noem sy dat maatskappye met politieke kontakte tien keer meer geneig is om hierdie tenders te kry as diegene wat nie politieke kontakte het nie. 

Van die aantygings wat sy maak, is skokkend, soos die een oor die tender van £252 miljoen vir maskers wat nooit gebruik is nie wat toegestaan is aan 'n privaat ekwiteitsmaatskappy waarvan 'n lid van die Konserwatiewe Party 'n direkteur is. Sy noem ook 'n kontrak van £163 miljoen vir persoonlike beskermingsdrag wat toegeken is aan iemand wat geld skenk aan die minister in beheer van die aankoop van beskermende drag, en boonop spesialiseer hierdie persoon se maatskappy in huis- en skoonheidsprodukte. Dis maar net twee voorbeelde van die kontrakte wat sy noem, en ek is seker daar is nog talle. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.