DIE voorsitter van die staatskapingskommissie, regter Raymond Zondo, glo die helfte van die getuienis wat die kommissie sy werk help doen het, het van fluitjieblasers gekom. Sonder fluitjieblasers wat bereid is om te praat oor die ampsmisdrywe en en oortredings wat hulle gesien het sou die kommissie – en die land se pogings om geregtigheid te laat geskied – erg belemmer gewees het.
Maar hoewel fluitjieblasers 'n kritieke rol in ons samelewing speel, is dit verbasend – selfs skokkend – om uit te vind hulle kry byna geen formele steun of beskerming van die staat of enige ander organisasie nie. Hulle praat uit teen geweldige persoonlike risiko en koste.
Ek het dít tot my skok self ervaar toe ek in 2019 die fluitjie geblaas het oor Bain & Co. Bain het 'n alliansie gevorm met oudpres. Jacob Zuma, Tom Moyane (destydse kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens) en andere om staatsinstellings skynbaar vir persoonlike gewin in te span. Die eerste wat ons van hierdie plan gesien het, was die aftakeling van die inkomstediens. Toe ek, as 'n voormalige vennoot van Bain SA, dit wat ek geweet het openbaar gemaak het, het die maatskappy my foon en skootrekenaar gediskonnekteer, gesê my mediese fonds sal binne drie dae gekanselleer wees, en my drie dae kennis gegee om 'n groot som geld terug te betaal...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.