Dit was haar keuse om vroegdag ’n kind te loop kry. Tiener. Swanger. Pakkie. Jy het jou bed gemaak, sê haar ma. Slaap daarin. Jy wil jou studie opskop. Tou opgooi lyk na genade. ‘Maar dan. Somtyds, weet jy, somtyds it only takes a village.’ ANASTASIA DE VRIES vertel.
DIT is anders nou. Sy in haar voorhuis, stipstarend na die skermpie van haar foon. Sy wil haar meisiekind se naam nie mis nie. Ook nie dié van haar vriende nie. Sy is al vroeg weg, haar dogter. Kampus toe. Toga en skouerband oor die arm; masker, sanitizer, toegangspermit. Virus of te not, sy en haar vriende sal hul graadsertifikaat met hulle eie hande loop afhaal. In die volle regalia wat ’n graduandus toekom.
Sielige affêrings, praat sy met haarself. Die deeske dae se gradeplegtighede. Maar dit kan nie anders nie. Die Virus het alles kom anders maak. Iewers in leë geboue spreek rektore en kanseliers en dekane blikkerige spookwoorde die virtuele ruimte in. Mog het troffe. Haar dogter se naam vliet verby. Drie sekondes. Sy sug. Hulle sal dit nie ken nie. Die vreugdekrete, die gefluit en voetestamp en gedans wanneer die naam van jou kind of ’n kind van jou plek uitgeroep word. Alles het te anders kom word.
Pieng, sê haar foon. Pieng. Pieng-pieng-pieng. Die foto’s van jillende jongmense in swart togas en skouerbande in die kleure van hul fakulteit stroom in. Lawwe foto’s van barette wat die lug ingegooi en agterna gespring word. Foto’s van jongmense met hulle se pampiere voor hul bors of hoog bo hul kop. ’n Hele paar van haar dogter, in toga en skouerband, baret op die kop, nog foto’s in die rok wat maande voor die tyd al op bêrekoop uitgesit is. Haar matriekjuffrou het die skoene met die hoër as hoë hakke geskenk...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
DIE PAKKIE
As jy deel van iemand se village word
Dit was haar keuse om vroegdag ’n kind te loop kry. Tiener. Swanger. Pakkie. Jy het jou bed gemaak, sê haar ma. Slaap daarin. Jy wil jou studie opskop. Tou opgooi lyk na genade. ‘Maar dan. Somtyds, weet jy, somtyds it only takes a village.’ ANASTASIA DE VRIES vertel.
Deel
DIT is anders nou. Sy in haar voorhuis, stipstarend na die skermpie van haar foon. Sy wil haar meisiekind se naam nie mis nie. Ook nie dié van haar vriende nie. Sy is al vroeg weg, haar dogter. Kampus toe. Toga en skouerband oor die arm; masker, sanitizer, toegangspermit. Virus of te not, sy en haar vriende sal hul graadsertifikaat met hulle eie hande loop afhaal. In die volle regalia wat ’n graduandus toekom.
Sielige affêrings, praat sy met haarself. Die deeske dae se gradeplegtighede. Maar dit kan nie anders nie. Die Virus het alles kom anders maak. Iewers in leë geboue spreek rektore en kanseliers en dekane blikkerige spookwoorde die virtuele ruimte in. Mog het troffe. Haar dogter se naam vliet verby. Drie sekondes. Sy sug. Hulle sal dit nie ken nie. Die vreugdekrete, die gefluit en voetestamp en gedans wanneer die naam van jou kind of ’n kind van jou plek uitgeroep word. Alles het te anders kom word.
Pieng, sê haar foon. Pieng. Pieng-pieng-pieng. Die foto’s van jillende jongmense in swart togas en skouerbande in die kleure van hul fakulteit stroom in. Lawwe foto’s van barette wat die lug ingegooi en agterna gespring word. Foto’s van jongmense met hulle se pampiere voor hul bors of hoog bo hul kop. ’n Hele paar van haar dogter, in toga en skouerband, baret op die kop, nog foto’s in die rok wat maande voor die tyd al op bêrekoop uitgesit is. Haar matriekjuffrou het die skoene met die hoër as hoë hakke geskenk...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die verterende vuur wat selfs die spoke voor hom uitjaag
Die Da Vinci van Ravensmead
’n Vrou moet doen wat ’n vrou moet doen
Met woorde soos met wonde
Vistermanstories
Die vrou wat met haar oë praat
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.