Geldtekort nie net studente en aktiviste se probleem, maar ons ...

#FEESMUSTFALL

Geldtekort nie net studente en aktiviste se probleem, maar ons almal s’n

Sy dink nie Suid-Afrika kan studiegeld eenvoudig laat vaar nie, aangesien daar diegene is wat kan betaal en daar studente is wat slegs gepas is vir hoofstroom-graadprogramme, maar alternatiewe kan beter ingespan word om te verseker dat almal wat wil studeer dit kan doen. Ons leiers moet die denke in ons samelewing verander sodat 'n graad nie die enigste opsie is nie, skryf CELESTE CAMPHER.

SOOS ek hier sit en skryf aan hierdie stuk, kyk ek elke af en toe na my foon vir 'n SOS-boodskap van my oudste dogter, wat tans 'n tweedejaar-arbeidsterapiestudent is. Sporadiese ontwrigting van akademiese aktiwiteite het weer kop uitgesteek op die hoofkampus van die universiteit in die Rosestad. 

Aangesien die meeste van die studente wat terug is op die kampus vir klasse van die mediese fakulteit is, is my dogter en die res van die mediese studente die swaarste getref deur hierdie ronde van ontwrigtende betogings. Soos die jongmense sê: “Die mediese studente moes een vir die span vat."

Hierdie betogings hou meesal geen fisieke gevaar in vir die nie-betogende studente en die personeel op die kampus nie, maar dit is ontwrigtend en ontstellend om te aanskou. Akademiese aktiwiteite word soms skielik ontwrig en eiendom verwoes, en dit is baie traumaties vir diegene wat nie deelneem nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X