Eerder boereraat as entstof

BULALANI ABATHAKATHI!

Eerder boereraat as entstof

Afrikaners se skeptisisme oor Covid-19-entstowwe is verstommend hoog. Is dit weens liggelowigheid, rassisme, onkunde, hardkoppigheid of is hulle dalk met die helm gebore, vra PIET CROUCAMP.

SO, 42% van Afrikaanssprekendes is skepties wat Covid-19-entstowwe betref. Die nasionale gemiddelde vir skeptiese siele is 29%. Dit is ’n verstommende weerstandigheid gegewe die geweldige impak van die virus wêreldwyd, en spesifiek hier in Suid-Afrika.

Byna almal ken iemand wat daaraan gesterf het en baie van ons het reeds familielede wat nie die virus oorleef het nie. Dit is bekend dat komorbiditeite soos bloedsuiker, bloeddruk en vetsug ’n beduidende rol speel wat die teenwoordigheid van die virus in jou longe betref.

Die onvoorspelbaarheid van wie op watter wyse deur die virus beïnvloed word, is ’n geweldige onsekerheid. Baie mense wat daarvan herstel het, praat van die emosionele verwoesting wat ’n positiewe toets kan meebring – die stigma van positief toets is ’n donker wolk in baie gemeenskappe. Die eensaamheid van alleen en moeisaam in ’n hospitaal sterf is ook in drukskrif opgeteken...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.