Onse Helen krap rond en pas dan idees domastrant toe

KLOU VERBETE AAN WESTERSE WAARDES VAS

Onse Helen krap rond en pas dan idees domastrant toe

Helen Zille is desperaat om liberalisme aan die regte kant van die geskiedenis te hou. Daarom klou sy om lewe en dood aan Westerse liberale waardes vas. Maar sy is domastrant, bless her heart, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

HIERDIE kan dalk soos wegskrammery klink, maar wat idees en ideologieë betref, kan ’n mens regtig kies en keur uit ’n reeks konsepte en metodes binne sekere intellektuele of akademiese tradisies. Tensy jy werklik glo jy het die punt bereik waar daar niks meer is wat jy kan leer of by jou kennis kan voeg nie, is dit gewoonlik ’n goeie ding om onbevooroordeeld te bly. Dis ook altyd goed om te erken dat daar sekere dinge is wat jy nie weet nie of dat jy verkeerd was oor iets. Om een van my gunstelingfisici van die 20ste eeu, Richard Feynman, aan te haal: As jy ’n teorie het en die feite ondersteun dit nie, gooi daardie teorie weg en begin van voor af.

Billikheidshalwe, dit geld hoofsaaklik die natuurlike wêreld en die “harde wetenskappe”. In die sosiale wêreld kan dinge baie meer kompleks, irrasioneel en onvoorspelbaar wees. Dis afgesien daarvan dat mense domastrant kan wees. Laat my by die punt uitkom ...

Helen Zille, bless her heart (ek het daardie uitdrukking in Amerika se Diep Suide geleer), krap rond in ’n doos vol idees, wat sy dan selektief, opsetlik en vol moedswilligheid gebruik of toepas. Helen, ek hoop nie sy gee om dat ek haar op haar voornaam noem nie, het vir die grootste deel van die laaste paar jaar sterk teenkanting geopper teen “kritieke rasteorie,” “wokeness” en “identiteitsteorie”. Op sekere maniere het sy ’n Trump-lite geword; iemand wat nogal aan Marjorie Taylor Greene herinner, maar met beter maniere. In die algemeen val sy perfek in die suigstroom van Euro-paranoia oor die agteruitgang van die Westerse beskawing en die ondergang van die Europese Verligting. Kom ons hanteer hierdie kwessie eerste...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.