HERFSLAND was bont en pragtig. Die land was bekend vir sy bome wat die stede soos pelswerk verprag het. Die blare op die bome het gereeld van kleur verander. Waar dit eers tien soorte groen was, sou dit sommer in skitterende skakerings van geel, oranje en bruin omwissel. So merkwaardig was die kleurveranderings op die bome dat toeriste gereeld Herfsland toe gekom het om dit te aanskou. Behalwe vir die bome, was Herfsland ook berug vir die uitspattige truie wat mense daar gedra het. Schalk Bezuidenhout sou daar skaars ’n tweede blik waardig wees. Die woljersies was dan ook Herfsland se grootste uitvoerproduk.
Die mense van Herfsland was baie intelligent, al moes hulle dit self sê. Hulle het dit baie geniet om te stry; dit was tegnies die nasionale sport. Tog, tussen die gebreiery en gestryery was daar twee feite waaroor niemand ooit baklei het nie:
Een: Mense het op dieselfde tyd truie begin dra...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.