DIS DIE MEDEDINGENDE EKONOMIE, KADER!
Die staat tender vir welvaart-moeilikheid
PIET CROUCAMP is moerig oor die ANC-regering, die meester-patronaat, se ekonomiese houding wat swart entrepreneurs ontmoedig, ontwikkeling beperk en eindelik tot 'n verrotte staat oor 'n dekade kan lei. Dit terwyl 'n bekwame staat juis belangrike eerste sooie vir ontwikkeling moet spit.
DIS DIE MEDEDINGENDE EKONOMIE, KADER!
Die staat tender vir welvaart-moeilikheid
PIET CROUCAMP is moerig oor die ANC-regering, die meester-patronaat, se ekonomiese houding wat swart entrepreneurs ontmoedig, ontwikkeling beperk en eindelik tot 'n verrotte staat oor 'n dekade kan lei. Dit terwyl 'n bekwame staat juis belangrike eerste sooie vir ontwikkeling moet spit.
Deel
EK verstaan die wantroue van die ANC-regering jeens internasionale finansieringsinstellings en so ook jeens die sogenaamde Westerse politieke ekonomieë. Internasionale handel gaan primêr oor mag en skaal, en om mededingend te wees kan 'n haas onbegonne taak wees vir entrepreneurs en besighede in ontwikkelende ekonomieë.
Die ekonomiese speelveld is bloot nie gelyk vir sakemodelle en entrepreneurs in die Suidelike Halfrond nie. En selfs dan is daar dikwels pogings deur sowel die staat as kapitaaleienaars in die Noordelike Halfrond om markte te manipuleer tot voordeel van die meer kapitaalkragtige industrieë, ten koste van ontwikkelende ekonomieë of besighede met balansstate wat aansienlik meer gekompliseerde uitdagings het.
Dit is nou indien die feit geïgnoreer word dat Westerse ekonomie dekades lank die apartheidstaat se verdrukking van meerderheidsregte gekondoneer het met 'n diplomatieke stilte of deur normale handelsbande in stand te hou wat van swart Suid-Afrikaners goedkoop arbeid in 'n onderdrukkende politieke bestel gemaak het. Kapitalisme of die vryemark-ekonomie verdien die skeptisisme van bevrydingsbewegings. Vir die meeste arm mense in dié land is die veronderstelde vooruitsig van ekonomiese groei wat eers gewortel moet word vóór werksgeleenthede 'n werklikheid sal word, nie 'n geloofwaardige teorie nie. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Eerder boereraat as entstof
Ace is glad nie die korrupste vis in die AN-See
Hoër onderwys moet wegbreek uit al dié verstokte maniere
Cyril en die soft-shoe shuffle
Koalisie van redelikes is al wat SA kan red
Kom ons dink meer oopkop oor die verlede
ANC se voorste vlieë kies hul sitplek versigtig
Fokus op gedeelde belange
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.