‘Terwyl die aasvoëls draai, sterf al twee my ouers’

OM TE STEEL VAN DIE SIEKES

‘Terwyl die aasvoëls draai, sterf al twee my ouers’

Vir diegene wat persoonlike verlies ervaar het, is verslae oor Covid-korrupsie nog pynliker, skryf SAM MKOKELI.

  • 04 Junie 2021
  • Vrye Denker
  • 6 min om te lees
  • artikel 7 van 28
  • Sam Mkokeli

EK kan nie my konflik en woede wegsteek nie. Albei my ouers is verlede Desember dood weens Covid. Die beeld van my ma se lyk in die lykshuis sal my vir ewig bybly. Dit inspireer my ook, asof dit 'n boodskap stuur: Gaan aan, my seun. 

Ek het aangegaan, gelig deur die veerkragtigheid waarvoor sy so bekend was en haar filosofie van “draai die ander wang, my seun", wat diepgewortel was in haar geloof en haar grootword in Suid-Afrika onder apartheid. Haar ouers het haar Nomonde genoem, en Patience. Patience beteken dieselfde as Nomonde. Blykbaar moes die boodskap benadruk word deur haar twee keer dieselfde naam te gee. 

Ons het twee dae voor haar dood gepraat toe sy van 'n hospitaal in die Oos-Kaap af gebel het, waar sy in die hoësorgeenheid was. Sy was heel vrolik en wou weet hoe dit met my gaan. Sy het ook gevra oor my pa, wat positief getoets het en saam met my tuis in isolasie was. Sy was aan die beter word, het die dokter gesê. Sy moes minder praat, so ons het minder gebel.  ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.