POLITIEKE NOTABOEK | Van die windjie: die rehabilitasie van De Ruyter

MOER HULLE

POLITIEKE NOTABOEK | Van die windjie: die rehabilitasie van De Ruyter

MAX DU PREEZ skryf oor die dramas rondom André de Ruyter van Eskom en die Kaapse speurhoof, Jeremy Veary.

VAN zero tot hero in twee dae. Die hoofbestuurder van Eskom, André de Ruyter, is weke lank erg beskinder dat hy ’n korrupte rassis is. En daar kom ’n ou struggle-strydros van ’n advokaat en sê De Ruyter het absoluut niks verkeerd gedoen nie, en pres. Cyril Ramaphosa hemel hom op as ’n “top-performing business leader”.

Dit was ’n goeie einde aan ’n skandalige sage wat De Ruyter sekerlik as traumaties ervaar het. Maar hopelik is dit die laaste keer dat ’n vrotsige of korrupte amptenaar valslik rassisme skreeu as hy of sy oor die kole gehaal word.

Die drol in die drinkwater is Solly Tshitangano, gewese hoof van aankope van Eskom. De Ruyter het hom weens onder meer die onregmatige toekenning van ’n reuse-tender in die bek geruk, waarop Tshitangano gesê het De Ruyter is ’n  rassis wat sy mag misbruik, swart bestuurders wil uitwerk en voorkeur aan wit verskaffers ten koste van meer verdienstelikes gee...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.