Hervorming van kiesstelsel kan ekstreme, onsmaaklike politiek bring

WENSDENKERY

Hervorming van kiesstelsel kan ekstreme, onsmaaklike politiek bring

Deur die kiesafdelingstelsel het die Patriotic Alliance – 'n eng, xenofobiese party – nou 'n megafoon gekry, skryf JONNY STEINBERG. Maatreëls wat daarop gemik is om meer mag aan gewone mense te gee, gee dit dikwels eerder aan ekstreme stemme wat klein minderhede verteenwoordig.

DIE debat oor die voorgenome hervorming van die kiesstelsel is gelade met 'n gevoel van opwinding wat na my mening misplaas is. Dit klink met tye soos 'n gepraat oor 'n daaglikse pil wat kanker sal genees of 'n goedkoop masjien wat klimaatsverandering sal beëindig; wensdenkery wat dít wat werklik op die spel is, verdoesel.

Proporsionele verteenwoordiging, word gesê, was 'n reusagtige fout. LP's is oorgelewer aan die genade van partyleiers wat die party se lyste opstel en is dus bang en inskiklik; die wetgewende gesag swak en banaal. 'n Hibriede stelsel wat proporsionele verteenwoordiging met verteenwoordiging in kiesafdelings meng, sal 'n hupstoot wees vir die onafhanklikheid van die parlement. LP's sal banger wees om hul kiesers te ontstig as vir die partyleiers. Hulle sal vir die eerste keer waarlik die mense verteenwoordig wat hulle ingestem het.

Dit mag dalk so uitwerk, maar daar is geen afdoende rede daarvoor om wel te gebeur nie. Om 'n kiesafdelingstelsel in te bring kan 'n hele klomp gevolge hê – en dit is onmoontlik om te voorspel hoe dit gaan uitwerk. Een moontlikheid is dat sekere vorme van ekstreme en onsmaaklike politiek, wat nou amper doodgesmoor is, toenemend die lewe in Suid-Afrika gaan oorheers...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.