NOTA BENE | Gevaarligte flikker ál helderder vir die ANC

CRY, THE BELOVED COUNTRY

NOTA BENE | Gevaarligte flikker ál helderder vir die ANC

Wat in die ANC aangaan, is iets wat ons almal se aandag verdien, want wat in die regerende party plaasvind, het uiteindelik ’n impak op hoe die land bestuur word. ’n Mens wil amper vra, soos in ’n TV-advertensie van ’n korttermyn-versekeringsmaatskappy: ‘What [else] could go wrong?’

WAT N.P. van Wyk Louw oor die bestaansreg van ’n volk gesê het, kan seker ook van toepassing gemaak word op die bestaansreg van politieke partye. Dit is dat die bestaansreg van ’n volk (of ’n party) nie iets is “wat veilig op onbreekbare tafels geskrywe bly nie, maar iets wat daagliks nuut deur sy wil en daad geskep moet word”.

Ek meen dit is woorde waarop die regerende ANC behoort ag te slaan, want die gevaarligte flikker dag ná dag helderder dat die party in groot moeilikheid is. Of dit iets is waaroor jy jouself persoonlik sal wíl bekommer, is nie hier ter sprake nie, maar ek glo dit is ’n kwessie wat tog ons almal se aandag verdien.

Dit is omdat wat in die regerende party plaasvind, uiteindelik ’n impak het op hoe die land bestuur word. Ons sien dit eintlik reeds oraloor...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.